3 maande gelede
Beskerm kids só
VEILIG: Moet nooit jou kind by ’n swembad toelaat sonder ’n betroubare volwassene wat na hom of haar omsien nie. Foto: LIVESTRONG.COM  ~ 

OMDAT so baie kinders gedurende die big days verdrink, is dit belangrik dat ouers en kinders oor swembad-veiligheid ingelig is.

Volgens Vrouekeur is verdrinking een van die hoofoorsake van onnatuurlike sterftes onder jong kinders in Suid-Afrika.

Hier is ’n paar wenke oor hoe om jou kinders veilig te hou.

  • Dis baie belangrik dat jy jou kinders al van ’n baie jong ouderdom leer swem.
  • Jy moet seker maak almal wat met jou kind te doen het, is bewus van die veiligheidsreëls.
  • Toesig deur volwassenes is absoluut noodsaaklik by ’n swembad.
  • Al het jou kind opblaas-vlerkies of ’n opblaas-baadjie aan, móét ’n volwassene steeds by die swembad wees.
  • As jy ’n swembad by die huis het, móét daar ’n net of heining wees wat voorkom dat jou kinders sommer vrylik by die swembad uitkom.
  • Moet onder geen omstandighede ’n ouer kind verantwoordelik maak om na die jong kinders om te sien nie.
  • As jou kinders soek is, gaan maak heel eerste ’n draai by die swembad.
  • Leer jou kind wat om te doen as hy of sy in die moeilikheid is.
  • Wanneer swemtyd verby is, maak seker die speelgoed in en om die swembad word verwyder, want kinders kan later daardeur gelok word en kan dan in die swembad val.
  • Wees te alle tye voorbereid. Maak seker jy het alle noodnommers op jou selfoon.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters