2 maande gelede
Beperk jou kind voor daai screen
limiet: Jong kinders moet eerder nie te veel screen time kry nie. Foto: SCIENCENEWS.ORG  ~ 

AS KIDS te veel screen time kry, kan dit hulle aandag beïnvloed.

Slimkoppe se navorsing wys as jong kids langer as ’n uur na daai tablet of smartphone se screen staar, loop hulle ’n hoër risiko om aan aandagprobleme te ly.

Die slimkoppe sê kids van twee tot vyf jaar moenie meer as ’n uur na ’n screen kyk nie. Die kanse is ses keer groter vir kids van vyf wat meer as twee uur per dag voor ’n screen sit, om kliniese aandagsprobleme te hê as maatjies wat maar net ’n halfuur voor die skerm sit.

En dan is die kanse ook sommer ag keer hoër dat hulle ADHD-simptome sal toon. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel