9 dae gelede
Begin vroeg geld wegsit
middeljare kom ... Vir elke R10 000 wat jy teen die ouderdom van 25 nog nie gespaar het nie, moet jy teen 45 al R26 500 gespaar het.foto verskaf  ~ 

’N KENNER van TD Ameritrade bied millen­niërs ’n paar wenke oor spaar.

  • Anders as hulle ouers, hoef millennials nie tevrede te wees met ’n polisgebaseerde aftreeannuïteit (AA) as hulle nie ’n werkaftreefonds het nie.

Laekoste-indeksfondse het byvoorbeeld eers ongeveer 15 jaar gelede toonaangewend geword.

Dié fondse lewer beter opbrengste teen ’n laer koste as die meeste aktiewe fondse.

Sommige kos minder as 1% per jaar, en vir elke 1%-verbetering per jaar oor ’n werkleeftyd verbeter die indiwidu se aftree-inkomste met ongeveer 30%.

  • Een ding wat nie verander het nie, is die waarde van tyd in die mark.

Om uit te stel om vir aftrede te begin spaar, is die duurste fout wat ’n millennial kan maak.

Vir elke R10 000 wat jy teen die ouderdom van 25 nog nie gespaar het nie, moet jy teen 45 reeds R26 500 gespaar het net om die verlore opbrengs in te haal.

En as jy nie voor 45 begin spaar nie, sal jy pleks van R10 000 per maand van 25 af, R37 000 per maand moet spaar om teen 65 steeds met dieselfde bedrag af te tree.

  • Millennials kan hulle spaargeld vermeerder deur ’n aanvullende bydrae tot hulle AA voordat die belastingjaar op 28 Februarie eindig.

Dit is ’n eenvoudige en effektiewe manier om inkomstebelasting te verminder, spaargeld ’n hupstoot te gee, en vir 30 tot 40 jaar saamgestelde belastingvrye opgawes te verdien.

Steven Nathan, die CEO van 10X Investments, sê pensioentrekkers se grootste enkele berou is dat hulle nie meer gespaar het nie.

Nathan sê: “As ’n millennial kan jy daardie berou vermy.

“Jy’s toegerus daarvoor en het die insig tot jou beskikking. Ook het jy toegang tot produkte wat jou behoeftes kan dien en ’n baie groter opbrengs belowe.

“Dit was nog nooit eenvoudiger of makliker om effektief vir aftrede te spaar nie.

“So, om jou AA aan te vul, is ’n goeie manier om voordeel daaruit te trek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters