2 maande gelede
Ál meer name in ‘swart’
EISJ! Sowat 10 miljoen Suid-Afrikaners was in 2018 op die swartlys.FOTO VERSKAF  ~ 

BAIE Suid-Afrikaners is op die swartlys.

Volgens finansies.solidariteit.co.za wys die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) se data hoe onverskillig ’n persoon met sy of haar geld omgaan.

Dit kan sy of haar vermoë kniehalter om in die toekoms geld te leen of krediet te kry.

Ongelukkig werp dit in die geheel ’n swak lig op ’n persoon se karakter en veroorsaak aansienlike twyfel oor sy of haar betroubaarheid.

Volgens die NKR het amper 10 miljoen Suid-Afrikaners in 2018 ’n swak kredietrekord gehad – en dit word steeds meer.

Dit kan toegeskryf word aan talle faktore. Dit sluit in dat Suid-Afrikaners eenvoudig bo hulle vermoë leef en die ekonomie werkende mense dwing om meer dikwels krediet te gebruik om in hulle basiese behoeftes te voorsien.

) Wat beteken dit om geswartlys te wees?

TransUnion, een van Suid-Afrika se voorste kredietburo’s, sê hoewel “blacklisting” en “die swartlys” terme is wat in Suid-Afrika steeds wyd in gebruik is, is dié terme misleidend.

Dit dui op ’n kategorie wat terugdateer na ’n tyd toe kredietburo’s net negatiewe inligting gehou het.

Vandag hou hulle positiewe sowel as negatiewe data.

Dit is dus bloot ’n rekord van jou rekening by ’n bepaalde kredietverskaffer wat van kredietburo’s gebruik maak.

Dikwels diep ’n kredietverslag lang vergete swak kredietbesluite weer op, maar dinge kan verander en jou vrot krediet score hoef nie vir altyd aan te hou nie.

Die skuldberaders Vantage Debt Management sê: “Daar bestaan nie werklik ’n lys van verbruikers wat ‘geswartlys is’ nie. Mens kan nie na ’n kredietverslag kyk en sê ’n persoon is geswartlys nie.

Ongunstige

“Jou kredietgeskiedenis en krediettelling bepaal of jy nóg skuld kan aangaan. As jy ’n lae krediettelling en swak kredietgeskiedenis het en nie meer skuld kan maak nie, word daar gesê jy is ‘op die swartlys’.”

Van die ongunstige inligting op jou krediet­rekord kan vir langer of korter tydperke daarop bly.

’n Hofbevel – waar ’n hof ’n opdrag aan jou uitreik om ’n uitstaande bedrag te betaal – sal byvoorbeeld vyf jaar op jou kredietrekord bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters