Verlede maand
ADHD nie altyd outomaties nie
konsentreer? Jou kind het nie outomaties ADHD as hy sekere simptome toon nie. Foto: TWITTER  ~ 

ONS land het een van die hoogste vlakke van voorskrifte vir ADHD, selfs hoër as die Yanks.

En dit laat vrae ontstaan of kinders met sogenaamde ADHD dit wel het.

Hier is ’n paar simptome wat dieselfde kan wees as die toestand.

Stres en angs is ’n realiteit vir baie mense in die land en dit kan lei tot ’n gesukkel met konsentrasie.

’n Gebrek aan oefening laat ook baie kinders met hoë vlakke van opgehoopte energie sit en dan kom hulle soms hiperaktief voor.

Mense met lae vlakke van magnesium in hulle lyf kan ook hoogs geïrriteerd voorkom en gebrekkige konsentrasie hê.

Toets eers jou kind vir alles voordat daardie medikasie voorgeskryf word. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters