3 maande gelede
Zuma ’n moe’se flop vir boere
DIS MoS BULL! Die leser is ontsteld oor die jongste skandaal waarby die Zoomster betrek word.Foto: SOWETAN  ~ 

Raadslid Mark Kleinschmidt van Kenwyn skryf:

Die Suid-Afrikaanse publiek kan seker nie méér geskok wees oor die onlangse onthulling dat Jacob Zuma koeie van miljoene rande aan ANC-politici en Oos-Kaapse koninklikes gegee het nie.

Die koeie was bestem vir sukkelende en ontluikende boere van die Oos-Kaap.

Die blatante gevoelloosheid van dié “hertoekenning” van die koeie aan skatryk ontvangers beklemtoon die omvang van die diepgaande korrupsie in die tyd dat Zuma president was.

Die voorsitter van die portefeuljekomitee in die parlement, Zoleka Capa, het dié skokkende wandaad onthul en beken sy het self van die koeie aanvaar.

Die Suid-Afrikaanse publiek sal nooit weet tot watter mate Zuma en sy cronies, veral die Guptas, hulle aan die belastingbetalers se geld uit die staatskoffers gehelp het nie.

Ek hoop die kollig sal dié Vrouemaand val op die “verskrik­like verkragting” van die staatskas en dat die skuldiges aan die pen sal ry. Die stryd duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters