21 dae gelede
Wagte moet uniforms dra
SO JA! Keith Blake (middel) is beïndruk met dié twee karwagte.FOTO VERSKAF  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf per e-pos:

Ek was vir 30 jaar ’n polisieman en het vas geglo in die strategieë van misdaadvoorkoming.

Ek het dit altyd by polisiebeamptes onder my bevel ingeskerp dat veiligheidswagte en karwagte in uniform as hulle medebeamptes in misdaadvoorkoming beskou moet word.

Hulle sigbaarheid aan misdadigers help ook om misdaad te bekamp.

Ek dink alle onder­nemings en ander plekke wat veiligheidsbeamptes in diens neem, moet seker maak die wagte dra ’n volle uniform.

Dit behoort te bestaan uit ’n duidelik gemerkte uniform en ’n cap of hoed.

Die cap moet ook die insignia bevat.

Wanneer veiligheidswagte nie ’n cap dra nie, sien lede van die publiek hulle nie maklik nie.

Ek was dié week by ’n winkelsentrum in Bergvliet en was beïndruk dat die karwagte daar volle uniforms gedra het.

Hulle teenwoordigheid en hulle uniforms het my veilig laat voel.

Ek het toe besluit om dié storie en die foto te deel met ander ondernemings wat veiligheidswagte of karwagte in diens neem.

Veiligheidswagte en karwagte in volle uniform is dieselfde soos ’n polisie­beampte wat patrols doen om misdaad te bekamp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters