2 maande gelede
Vervang treine met busse
GEVAARLIK: Die leser kap na Metrorail. Foto: William McIntosh/SON  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf:

Dié is ’n ope brief aan Prasa se topbestuur en die nasionale minister van vervoer oor die skandelike, onbetroubare spoorvervoer hier in die Wes-Kaap.

Julle het betalende passasiers klaaglik gefaal met die vervoer wat julle op julle spoorstelsel bied.

Julle verskonings kom op niks anders neer nie as blatante leuens en julle track-rekord vir betroubaarheid laat veel te wense oor.

Al manier waarop julle weer credibility terug kan kry, is deur ál julle spoorinfrastruktuur en treine te verwyder. Daai treine word buitendien gereeld uitgebrand.

En waar die spoorlyne was, moet julle die roetes teer en MyCiTi-busse daarop laat loop.

Dit is ’n betroubare vervoerstelsel wat nie toelaat dat niebetalende passasiers bo-op en aan die kante hang soos met jul useless treinstelsel nie.

Maak dié voorstel sin? Natuurlik, want vir te lank moes die betalende passasiers suffer!

Dit is nou hoog tyd vir ’n betroubare, veilige plan B, Metrorail – of eerder: Metrofail!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters