Verlede jaar
Tygerberg-hospitaal bobaas
goeie diens: ’n Skrywer sê dankie aan personeel van dié hospitaal. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

M.M. Lochner van Goodwood skryf:

Ek wil net baie dankie sê vir die uitstekende diens wat my bejaarde ma van 93 by die Tygerberg-hospitaal gekry het.

My ma het haar heup gebreek en is van die Karl Bremer-hospitaal oorgeplaas na Tygerberg toe.

Ek was skoon verbaas hoe pragtig sekere areas opgeknap is.

Nie net is die hospitaal skoon en netjies nie, maar my ontvangs en die behandeling wat my moeder van dag een ontvang het, was uitstekend.

Sy was eers by die trauma-eenheid. Dit was gerusstellend om te sien hoe streng die sekuriteit daar is.

Sy is oorgeplaas na saal F4. Sy is in ’n gevorderde stadium van Alzheimers en is met die grootste respek en deernis, dog professioneel, behandel.

Die geduld van die personeel in saal F4 met my moeder was prysenswaardig.

Ek wil net dankie sê aan alle personeellede wat betrokke was. Dit word opreg waardeer.

Mense is geneig om ons staatshospitale te veroordeel en hul diens af te breek, maar ek het die teenoorgestelde ondervind.

Ek sal my aangename ondervinding by die Tygerberg-hospitaal met almal deel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters