Verlede jaar
Slaan nuwe blaadjie om in nuwe jaar
 ~ 

L Hemp van Bethelsdorp skryf:

My droom vir 2017 is dat daar ’n einde moet kom aan alle vorme van geweld en ander ongeregtig­hede.

Ek hoop almal gaan hul bes probeer om in vrede en harmonie saam te leef en verdraagsamer teenoor mekaar te wees.

Ek wil ook hê almal moet dié jaar meer lag en gelukkig wees. Moenie hartseer-trane stort nie.

Moedig mekaar aan en moenie mense afdruk nie.

Laat 2017 die jaar wees waarin ons mekaar met respek behandel en nie mekaar beskinder en slegsê nie.

Dis 2017, ’n nuwe jaar wat nuwe hoop en nuwe uitdagings bring.

Kom ons omarm 2017 en maak die beste daarvan.

Kom ons maak dit ons jaar – ’n jaar van vredeliewendheid.

Skud blad met die vyande. Vergewe mekaar se sondes. Smee nuwe vriendskapsbande.

Loof die Here meer en ondersteun diegene wat minderbevoorreg is.

Dit alles klink dalk ver buite ons bereik, maar dit kan ’n realiteit word as ons almal net hard genoeg probeer en glo dit sal werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters