4 maande gelede
SA howe moet ernstiger raak
Tazne van Wyk.  ~ Twitter

Vryheidsvegter van Ath­lone skryf:

Dis baie mooi dat so baie hooggeplaastes by Tazne van Wyk se begrafnis was.

As daar een iets is wat haar dood teweeg gebring het, is dit om mense van oral te verenig.

Baie van ons het nie vir haar of haar gesin geken nie, maar ons almal het die gesin en haar geliefdes se pyn gevoel.

Ook is mense nou moeg van ál die geweld teen vroue en kinders, want kort ná die skok van Tazne is nóg ’n sewejarige in cross­fire dood in Ocean View.

In watter soort land woon ons as kinders nie eens meer toegelaat word om kinders te wees nie!?

Speel

Hulle kan nie eens winkel toe gaan in hulle eie pad nie, dan word hulle gekidnap en vermoor, soms ook verkrag!

As hulle voor hulle deur speel, kry ’n stray bullet hulle.

Wat moet hulle dan doen!? Hulle het absoluut geen vryheid nie en lewe heeldag in vrees.

Watter soort kinderlewe is dit? Om van ons land se vroue nie eens te praat nie.

Hoeveel word deur hulle partners of eie familielede vermoor!?

Dít terwyl die justice sys­tem ’n joke is! Verbeel jou: Dié skurke kry vyf jaar vir moord!

Dis mos ’n siek joke! G’n wonder mense raak fed up met die justice system nie!

Dis tyd dat die howe misdaad teen veral vroue en kinders ernstig opneem en ophou om net empty prom­is­es te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters