Verlede jaar
Reënboog moet oor SA verskyn
DIE ARCH: Die raadslid hoop emeritus aartsbiskop dr. Desmond Tutu se reënboognasie kan ’n werklikheid word.Foto: WIKIPEDIA  ~ 

Raadslid Mark R.H. Klein­schmidt van Kenwyn skryf per e-pos:

Ek wil graag ’n reënboog op die horison sien tydens die uitgerekte stryd tussen die DA en die beleërde burgemeester van die Stad Kaapstad, Patricia de Lille.

Ek wil graag ’n reënboog op die horison sien te midde van die wetteloosheid en chaos gedurende die gewelddadige protes-aksies en plundery in die Wes-Kaap.

Ek wil graag ’n reënboog op die horison sien te midde van die sinnelose en afgryslike moorde op vroue en kinders.

Ek wil graag ’n reënboog op die horison sien in die lig van die verraderlike rassistiese uitsprake en dade wat ’n bedreiging vir ons kwesbare demokrasie inhou.

Ek wil graag ’n reënboog op die horison sien wat ons reënboognasie omstraal en verenig in ons verskeidenheid soos toegelig deur emeritus aartsbiskop dr. Desmond Tutu.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters