Verlede maand
Red renosters op dié manier
In gevaar: Die skrywer het ’n plan om renosters te red.  ~ WIKIMEDIA

Keith Alfred Adolph Blake van Ottery in Kaapstad skryf per e-pos:

Hierdie is ’n ope brief aan alle departemente van omgewingsake in Suid-Afrika en wêreldwyd.

Die uiters bedreigde renoster word op allerhande maniere en met verskeie strategieë deur gulsige maar hoogs intelligente stropers vir hulle horings gejag.

Hierdie horings is die teiken, die enigste doelwit.

Voorstel

Die stropers wil dit tot elke prys hê vir geldelike gewin.

Ons sien foto’s van hierdie pragtige, groot diere wat in die natuur dood lê terwyl die enigste deel wat uitgeslag is, die horing is.

Geen ander deel van die dier is geneem nie.

Ek het hierdie voorstel baie jare gelede al skriftelik gestuur, maar die sogenaamde omgewingspesialiste, diere-eksperte en regeringshoofde het nie ag geslaan op my voorstel nie.

Hulle maak gebruik van allerhande wetenskaplike aksies, honde en lyfwagte, asook helikopters, om die deurgaanse afname in renostergetalle te bekamp.

My voorstel is dat dit so gou moontlik ’n internasionale bevel of onderneming moet wees dat elke lewende renoster se horings verwyder moet word.

Dit is ’n eenvoudige gelykstelling as dit by die redding van die renoster kom – geen horings, geen bedreiging.

Dit maak sin as ’n mens verstandige bewaring as oogmerk het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters