Verlede jaar
Rassie moet liewer oorsee bly
Nee, DANKIE! Die ¬≠leser skryf Rassie Erasmus is glad nie die goeie afrigter wat sy ondersteuners dink hy is nie. Foto: foto24  ~ 

Jack Jantjies van Ravensmead skryf per e-pos:

Dis met groot belangstelling dat ek die laaste week of so die berigte oor Rassie Erasmus en Allister Coetzee lees.

Sekere koerante (of websites) reken mos Rassie is die messias wat Suid-Afrikaanse rugby – of liewer die Springbokke – moet red.

Hy moet nou onmiddellik by Coetzee oorvat en sommer ’n kontrak van vyf jaar by Saru teken.

Is Erasmus egter regtig die miracle worker wat sy ondersteunersklub aan ’n ieder en elk vertel wat wil luister (en lees)?

Ek dink nie so nie.

Ek dink Erasmus is die most overrated coach in die land.

Ja, hy is tegnies goed en hy kom met gimmicks (soos die disko-ligte vanaf die dak van die pawiljoen), maar het hy regtigwaar die insig, die mensekennis en die vermoë om sy idees oor te dra?

Ek weet nie. Hy was maar ’n taamlike flop toe hy en Chester Williams destyds die kombinasie van Leeus en Cheetahs – die Cats – saam afgerig het.

En by die Stormers was hy direkteur van rugby toe hulle die verveligste rugby ooit gespeel het.

Ja, hy vaar tans goed by Munster, maar die wiele kan gou afkom.

Laat Rassie maar daar bly!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters