Verlede jaar
Ouers moet betaal
 ~ 

Anoniem van Eersterivier skryf per e-pos:

OUERS moet hul prioriteite regkry. Daar is iets drasties met sommige ouers verkeerd wanneer hulle bereid is om duisende rande op ’n matriekafskeid te spandeer, maar nie geld het om skoolfooie te betaal nie.
’n Mens het begrip vir hoofde wat uit pure frustrasie kinders se rapporte terughou of weier dat matriekafskeidspartytjies plaasvind omdat ouers nie lus voel om skoolgeld te betaal nie.
Die regering dek nie ál die skole se uitgawes nie. Ouers kla gedurig dat hulle ’n sê in die opvoeding van hul kinders en die bestuur van die skool wil hê, maar hulle staan onverskillig teenoor die finansiële verpligtinge van die skool.
Dit stuur boonop ’n verkeerde boodskap na die kinders uit. 
As hulle die idee kry dat jy nie jou finansiële verpligtinge nakom nie, gaan hulle dit mos in hul grootmenslewe herhaal en net so onverantwoordelik optree...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters