Verlede jaar
Ons sal Reeva altyd op Valentynsdag onthou
Geskiet: Reeva Steenkamp het die gesig van slagoffesr van gewelddadigheid regoor die wêreld geword. Foto: foto24.so.za  ~ 
Skaam Landsburger van Belhar skryf per e-pos: 
Die wêreld het nog nooit regtig herstel ná die Anene Booysen-geval nie  en toe het die  Oscar Pistorius-voorval ons op een van Suid-Arika se spesiale dae hard getref.
Gooi ’n mens Nkandla, korrupsie, die krisis in onderwys en misdaad teen vroue en kinders daarby, word die lys hopeloos te lank.
As ’n mens nog wonder waarom buitelanders die land nie wil besoek of daarin wil belê nie, is daar beslis iets fout met jou.
Ons land het ’n baie viesliker beeld gekry as wat selfs die reputasie van apartheid dit kon berokken.
Ek is te eenvoudig om te weet wat gedoen moet word, maar dít weet ek: Ons sal ons moet regruk, want so kan dinge nie aangaan nie.
Maar ons moet nie toelaat dat enigeen vergeet wat met ons vroue gebeur nie. Nie tot dinge beter word nie. 
Dalk sal 'n vroue president meer simpatie vir ons het... 
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters