7 maande gelede
Ons moet verenig teen Dag Zero
OPTIMISTIES: Mark Kleinschmidt deel sy gedagtes oor die droogte en Lent.foto VERSKAF  ~ 

Mark RH Kleinschmidt, raadslid vir wyk 60 (Kenwyn), skryf per e-pos:

CHRISTENE wêreldwyd het Woensdag die Vastyd (Lent), ’n tydperk van persoonlike introspeksie, begin.

Dit laat my nadink oor die ergste droogte en waterkrisis in Suid-Afrika in sowat 100 jaar hier in ons provinsie en die moontlikheid van Dag Zero.

Op ’n onlangse waterkonferensie in Zonnebloem het Thabo Makgoba, die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, ’n Bybelse betekenis van Dag Zero gegee deur dit aan Jesus Christus se kruisiging gelyk te stel, en Dag Een met sy opstanding.

Christene omarm die offerdood, maar vier Christus se seëvierende dood deur die opstanding.

Ons moet dié optimistiese verskynsel aanneem.

Water is ook ’n element van die Heilige Gees, aangesien Christene in die heilige doop en die sprinkeling van water of volledige onderdompeling glo sodat sondes “weggewas” kan word.

Dus glo ek Dag Zero kan en moet oorwin word met dien verstande dat ons verenig in ons poging om water te spaar.

’n Interkerklike gebedsdiens is by die Athlone-moskee gehou om ons eenheid verdere stukrag te gee.

’n Belangrikheid van die interreligieuse diens is die volmaakte beeld van die krag van gebed en eenheid in diversiteit.

Elke druppel water is belangrik en smeek almal om aan die water­besparende maatreëls gehoor te gee om Dag Zero te oorkom.

Ongeag ons ras, geloof of kleur, is die waterkrisis ’n groot geleentheid om saam te staan en ons uit die donker moeras te red.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters