5 maande gelede
Ons moet meer doen as net handdruk gee
Genoeg is genoeg: Die gemeenskap voel magteloos onder die aanhoudende vlaag van moorde.  ~ Jonathan Lestrade

Ek lees nou die artikel oor nog 'n vermoorde kindjie en die kommentaar van een persoon of die kind dieselfde aandag as die ander vermoorde kindjie gekry het.

Ons moet meer doen as net 'n handdruk gee. Meer as om net hof toe te gaan.

Ons need meer as om net in die media te lees "genoeg is genoeg".

My ons sluit my in.

Ek moet die dwelmverkoper uit my gemeenskap dryf, voor nog 'n onskuldige vermoor word.

Ek moet abuse van 'n kind aanmeld en ophou bang wees vir wat gaan gebeur.

Ek as ma, vrou moet my kind leer wat is reg en verkeerd.

Ek as ouer moet nie my kind wat dwelms verkoop, steel, verkrag of moord pleeg beskerm nie.

Ek as ouer moet my oë oopmaak en nie my kind se part vat as my kind iets verkeerd doen nie

Ek is saam verantwoordelik vir die kinders in my gemeenskap.

Verandering gaan net kom as ek iets doen.

Wanneer ek die daad by die woord voeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters