Verlede jaar
Ons moet eenheid nastreef
LOOP DEUR: Die masiet in Simonstad. Foto: peter abrahAMS  ~ 

Raadslid Mark R.H. Kleinschmidt skryf per e-pos:

Sedert die begin van die nuwe jaar het ons verskeie voorvalle van rassediskriminasie en voorvalle van godsdienstige onverdraagsaamheid gesien.

Dit het aanleiding gegee tot ’n gees van pessimisme.

Maar ’n uitvloeisel daarvan – ondanks die uitdagings van 2016 – was dat ek ’n interkerklike diens by die Athlonestraat-moskee bygewoon het.

Al die hoofstroom-gelowe is genooi en elke leier het ’n kort oorsig oor en insig in sy geloof gelewer.

In dié vergadering van Moslems, Christene, Jode, Hindoes en kleiner geloofsrigtings was die gemeenskaplike tema regverdigheid, vrede, versoening en liefde.

Dié soort geloofsharmonie is wat noodsaaklik is in vandag se same­lewing. Daarom moet ons dit tot elke prys nastreef.

Die diens het met ’n kosjer maaltyd geëindig. Dit het die beginsel van eenheid, naamlik laat ons as een saam verkeer, gesimboliseer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters