5 maande gelede
Kyk tog uit vir weerlose kids
Delvina Europa (6)foto VERSKAF  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf:

Ons lewe regtig in ’n siek land en die weerloosste mense ly daaronder.

Hoeveel onskuldige kinders moet nog vermoor word voordat ons mense wakker skrik? So baie kere kon ’n onskuldige kind se dood vermy word.

Klein Orderick Lucas se ma het geweet haar kind word abuse, tog los sy hom by die abuser. Watter ordentlike ma stuur haar kind terug na iemand wat hom onder meer met mondsere, kneusplekke en ’n beseerde arm terugbring?

Sy moes van beter geweet het – of het sy nie omgegee nie?

En mense sê hulle het gesien Delvina Europa loop met ’n man die bosse in, tog het hulle niks daaraan gedoen nie.

Baie kere beland kinders in die kruisvuur of verdwyn op pad winkel toe omdat die ouers nalatig is. Dis moeilikheid soek om ’n kind ná donker net gou winkel toe te stuur, selfs al is dit net langsaan.

So baie dinge kan in ’n oogwink verkeerd gaan. Ons sien dit elke dag.

Dis tyd dat ons meer verantwoordelik word en ons oë oophou vir gevaartekens wanneer kinders abuse word. Moet niks vir granted vat nie.

Ouers moet te alle tye weet waar en by wie hulle kinders is. Te veel onskuldige kinders het al hulle lewe onnodig verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters