Verlede jaar
Jong jokkie Craig gesalueer
pure perd: Craig Bantam is ’n vuurwarm jokkie. FOTO VERSKAF  ~ 

Michael Slade van Boston skryf:

In vandag se lewe is daar omtrent net slegte nuus.

Dit was dus vir my wonderlik om die storie te lees van die jokkie Craig Bantam van Epping Forest, Elsiesrivier, wat iets met sy lewe doen.

Ons weet almal bendes woel in daardie geweste.

Craig kon die maklike uitweg gekies het deur liewer ’n bendelid te word.

Maar hy het nie.

Hy het die moeilike en eerlike pad gekies deur homself in die lewe op te werk.

Glo my, die lewe van ’n jokkie is nie maklik nie.

Dit kos sommer baie harde werk en dedication.

Dit is nie net op ’n perd klim en ry nie.

Soos in enige sportsoort moet jy topfiks wees om die boonste sport te bereik.

Ek haal my hoed af vir die 20-jarige man wat nou iets met sy lewe doen.

Hy kon so maklik die ander pad gevat het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters