Verlede maand
Is SA regtig gereed vir die corona-virus?
Ontsmetting: Beamptes in Wuhan, China, probeer die virus uitroei.  ~  AFP

Vryheidsvegter van Ath­lone skryf per e-pos:

Die nuwe corona-virus uit Wuhan, China, het almal op hol.

Hoewel die health department volhou ons is reg vir die virus in SA en hier is nog geen gevalle aangemeld nie, wonder ’n mens tog hoe gereed ons regtig is.

Ons staatshospitale is oorvol, want gaan jy na ’n daghospitaal en jy het meer as een kwaal, vertel die dokters jou jy het te veel problems, hulle kan na net een op ’n slag kyk.

Swartgallig

Die meeste van die tyd is daar nie eens dokters nie en dan moet die susters die dokters se werk doen.

’n Mens wil nie swartgallig wees nie, maar wat gaan gebeur as net een persoon met die virus ons land “per ongeluk” ongemerk binnekom?

Een geval word klaar in Botswana vermoed. So, hoe weet ons die virus word nie in ander Afrika-lande ook vermoed nie?

Mense van Afrika-lande kan met gemak oor ons grense kom.

Wat sal gebeur as ’n persoon met dié virus in aanraking kom met bv. die vlugtelinge in die Kaap?

Daar is ongeveer 800 vlugtelinge wat op ’n hoop in baie onhigiëniese omstandighede woon.

Dink net wat sal gebeur as die virus hulle tref. Dan is dit nag vir ons in Suid-Afrika.

Want as ons staatshospitale nie eens die magdom pasiënte met gewone siektes kan handle nie, hoe gaan hulle só ’n krisis hanteer!?

Dis voorwaar ’n donker prentjie. Ons kan maar net hoop en bid dat die regering te alle tye eerlik met ons is en dat ons so ’n groot ramp gespaar sal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters