Verlede jaar
Independence vir Noord-Kaap
sign hier: Die leser trek te velde teen Aidan van Niekerk se petisie by Change.org om die Noord-Kaap te verkoop.Foto: Facebook  ~ 

Eric R. Kok skryf per e-pos:

Onlangs het ene Aidan van Niekerk ’n petisie opgestel sodat die Noord-Kaap aan Namibië verkoop moet word om Eskom se skuld te dek.

Die Noord-Kaap moet liewer net as ’n land op sy eie verklaar word. Ander mense dink mos hulle is snaaks.

Gee net ons se diamonds terug en ons se mooi vrouens, aunt Sana kan maa’ bly daa’ in Joburg. Hou haar as ’n New Years-geskenk.

Haal ons af van julle se Eskom grid af; ons het oorgenoeg sonkrag om die hele Noord-Kaap te voorsien.

Ons sal genoeg werk kan skep vir al 2890 van ons. Ek bedoel 2892, (auntie Fatima van Colville het laat weet haar dogter het twins gekry.)

Ons sal handel dryf met Namibië en Botswana. Ons is hoeka neighbours.

So, hou julle se Suid-Afrika en ons hou ons se Noord-Kaap.

Ons sal nog dink aan ’n kwaai naam vir ons se land. Ons divorce julle eerste, so tsek! Julle sal net vol raak.

Dankie Mr. van Niekerk, maa’ ons gat jou petition counter. Welkom in die Republiek van die Noord-Kaap!

Mense, kom ons sign die petisie vir ons Independence en wys vir Mr. Aidan van Niekerk hoe smaak die Noord-Kaap se mense.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters