Verlede jaar
Gestremde kid loop deur onder boelies
Image: Newspress  ~ 

Constance November van Atlantis skryf:

Ek stuur vandag hierdie boodskap met baie seer in my hart. Hier in  Atlantis  woon 'n pragtige seun wat gestremd is. Dit wil voorkom of dinge

maar swaar gaan by sy huis. Ek let vir die afgelope paar weke op dat hy ook geboelie word en name genoem word. Hy word ook gespot oor die toestand van sy huis. Ek het nog nooit gesien hoe iemand se selfvertroue hom so vinnig verlaat nie.

Hy probeer wegjaag maar die lede maak seker daar moet iets aan hom gesê word. Die lede wat hom so seermaak en teister is ook lede van Atlantis-polisie.

Hulle ken hulself. Ek het al 'n brief aan die stasie gestuur en ook vir Kaptein Dicks gebel, maar hy of die ander lede by die stasie kan my vir maande lank nie help nie.

Die kind suffer. Wat leer ons gereg daai kind? Dat dit fine is dat hy 'n slaansak is? eE hoop di boodskap kom by die polisielede uit en al wat ek vir julle wil sê is in God se oë maak 'n groot salaris, rond cruise en neerkyk op ander nie vir jou beter as die volgende persoon nie.

Dit is hoekom Atlantis nie kan reg kom nie want die gereg is besig met sy eie snert.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters