Verlede jaar
Eskom is hopeloos verby
druk hulle op: Die skrywer is gatvol van Eskom.Foto: Instagram  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf:

Net toe Suid-Afrikaners dink dit kan nie erger met ons gaan nie ... Bang!

Toe tref dit ons – wag daarvoor – stage 4 load shedding.

Nie stage 1 of 2 of 3 nie: Sommer stage 4 load shedding. Met ’n bang!

Wat op aarde gaan deesdae aan met Eksdom?

My arm is al skoon lam geskryf oor hom!

Hy is soos ’n klomp dorstige vampires! Hy suig die vuisvoos public behoorlik leeg.

Lyk my met hoe meer miljarde rande van ons belastinggeld die spul daar by Eskom ge-inject word, hoe donkerder word ons land.

Lyk my hulle, die SAA en ander staatsondernemings is in ’n competition om te kyk wie die meeste geld uit ons belastingbetalers kan suig.

Vir wat? wonder ek, want hulle kan net mooi niks wys van wat hulle tot dusver met die geld gedoen het nie.

Meantime sit ons wéér in die donker.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters