Verlede jaar
Dis weer lekker in PE
baie happy: Dis verblydend om verkeersbeamptes oral op die paaie te sien. Foto: charles pullen  ~ 

A. Emmerson van die Nor­th­erns skryf:

Vandag is ek ’n gelukkige inwoner van Nelson Mandelabaai.

Die rede: Sedert die DA die Metro oorgeneem het, word daar baie doeltreffender wetstoepassing op ons paaie gedoen.

Nou praat ek spesifiek van die verkeersdepartement. Dis so verblydend om die verkeersbeamptes oral op ons paaie te sien waar hulle diens doen en voertuie aftrek.

Dit is mos nou soos dit veronderstel is om te wees.

Waar was die mense al die tyd? ’n Mens voel sommer gerus om hulle te sien.

Die spoedvrate en ander roekelose drivers se dae is getel. Die verkeerspolisie gaan met julle afreken.

Vir once word ’n goeie job gedoen. Dis sommer weer lekker om te sê ek is ’n Baaienaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters