Verlede jaar
DA ‘kan SA vorentoe vat’
STEMTYD: Nqaba Bhanga skryf oor Mmusi Maimane, wat verlede naweek die Demokratiese Alliansie se verkiesingsmanifes bekend gemaak het. Foto: netwerk24  ~ 

Nqaba Bhanga, DA-premierskandidaat in die Oos-Kaap, skryf:

Verlede Saterdag het die DA-leier, Mmusi Maimane, die party se elec­tion manifesto vir 2019 in Johannesburg bekend gemaak.

Dit bewys net die DA kan verandering bring wat een Suid-Afrika vir almal sal bou.

Die ANC het nog geensins verander sedert oudpres. Jacob Zuma uit die kussings gelig is nie.

Dis dieselfde stukkende bus, maar met ’n nuwe bestuurder: pres. Cyril Ramaphosa.

Werkloosheid en korrupsie het ongekende hoogtes bereik en basiese dienslewering in munisipaliteite, behalwe dié waar die DA regeer, het as’t ware tot stilstand gekom.

Die DA se manifesto is breedvoerig, maar een van die fokuspunte is werkloosheid.

Die werkloosheidsyfer in die Oos-Kaap is die hoogste in Suid-Afrika. Daarom is die DA se plan om die werkloosheidkwessies op te los vir veral die Oos-Kaap belangrik.

Die DA sal sorg vir ’n job in elke huishouding.

Almal wat in staat is om te werk, moet toegang kry tot werksgeleent­hede – en onder ’n DA-regering sal dit beslis gebeur.

Ons langtermynplan vir ekonomiese groei en verandering sal nie net sorg vir ’n job in elke huishouding nie – dit sal die land op die regte pad plaas om ’n goeie job vir almal te verseker.

’n DA-regering sal korrupsie beveg, ’n eerlike, professionele polisiediens verseker, gelyke toegang tot jobs moontlik maak, die beveiliging van ons landsgrense prioritiseer en die lewering van basiese dienste bespoedig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters