7 maande gelede
‘Council gebruik waterprobleem'
 ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf:

As belastingbetalers betaal ons Suid-Afrikaners deur ons nek vir alles. Dis belasting, rates, elektrisiteit, dienste, data... you name it, we pay it. Ons is al vuisvoos betaal.

En wat kry ons uit die deal? Sweet boggherol!

Dié wat na ons moet kyk, is te besig met hul eie dinge en om met mekaar te baklei. Hulle het nie tyd vir ons land en sy mense nie.

Die nasionale regering kry ons taxes. So, die council kon lankal daar gaan aanklop het vir droogtehulp. Dis al lank dat hulle weet van die dreigende waterkrisis.

Wat van die ondergrondse rivier wat nutteloos in die see in loop? En fonteine se water wat die meeste van die tyd nutteloos wegloop?

Die council kon lankal in samewerking met die regering iets aan die waterprobleem gedoen het.

Maar nee, dis mos beter om die probleem te gebruik om meer geld uit die public te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters