3 maande gelede
Cheaters, respekteer die huwelik
EGPAAR: Die skrywer van die brief sê die huwelik is ’n heilige instelling wat gere­spekteer moet word.FOTO verskaf  ~ 

Anoniem van die Baai skryf:

Dagsê, Sonlanders!

Eerstens wil ek nie vir julle preek nie, maar daar is tog iets wat ek van die hart af wil kry, en dit gaan oor ontrouheid. Dis asof dit die nuutste mode is.

Verlede week terwyl ek besig was om brandstof in te gooi, hoor ek hoe die een petroljoggie by die ander een bragoor sy nuwe girlfriend en dat sy vrou te vaak is om enigiets agter te kom.

Die ander een sê toe: “Ek en my cherry spien nou al meer as ’n jaar. My motjie (vrou) sal ’n oorval kry as sy moet uitvind.”

Die twee praat so hard met mekaar oor die topic – so amper asof hulle wil hê ander moet hoor en hulle bewonder. Dié geselskap het my egter gewalg.

Beteken die huwelik dan deesdae niks meer vir mense nie? Dit lyk of sekeres net nie respek daarvoor het nie.

Waarvoor trou jy dan in die eerste plek as jy weet jy gaan maar net weer jol? Besef julle hoeveel onskuldige mense julle in die proses seermaak?

Julle wat in die huwelik jol, is selfsugtig en julle is onder die wanindruk dat daar mense is wat dink julle is kwaai.

Die huwelik is ’n heilige instelling deur die Here. Respekteer dit.

En as jy voel jy is nie troumateriaal nie, then stay out of it.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters