3 maande gelede
BRIEWE: Vrou se struggles leer ons lesse
children parents heart happy love
'n Leser skryf ons moet almal sy plekkie in die son gun.  ~ iStock

Cheryl Jonker skryf:

Ek het so pas 'n outobiografie gelees van die geluk én uitdagings van 'n vrou wat tot op die ouderdom van 17 jaar, in 'n ware oerwoud grootgeword het. Ek het 'n groot les daaruit geleer vir ons reënboog-nasie.

Totdat ons nie almal geleer het om mekaar se velkleur, kultuur, taal, volksverband, godsdiens en dies meer te aanváár nie, sal daar nóót welwillendheid in ons lieflike Suid-Afrika wees nie. Dit beteken nié dat ons onwettige optredes moet goedkeur nie, maar mekaar andersins begin respekteer.

Géén mens is beter as 'n ander nie en ons is almal uit dieselfde bloed geskape (vir diegene wat in die Bybel glo : Handelinge 17:26).

Ons kan begin by die verspreiding van die Bybelse evangelie aan elke nasie, volk stam en taal. Jesus was na alles 'n bruin man (Joods) en God behoort nié aan die witmense nie..... Hy het wel ons wit sendelinge eerste na Afrika gestuur.

Dit sluit in dat ons mekaar, ook ons eie mense, se persoonlikhede behoort te aanvaar. Ons is almal uniek geskape : hoekom moet ek wees soos jy my wil hê?

Kom ons begin onselfsugtig leef en gun mekaar ook 'n plekkie in die son!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters