4 maande gelede
BRIEWE: Ouer dreig om tax te weerhou
ou dae? Die leser sê voedingsareas is soos apartheid.Foto: Getty Images  ~ 

Belastingbetaler van Kuilsrivier skryf (brief verkort):

Vir meer as 10 jaar doen ek stiptelik aansoek om toelating tot ’n skool vir my kinders, maar dis vergeefs.

Baie dink ons verkies privaat skole vir ons vier kinders en dat ons dit kan bekostig, maar wat hulle nie weet nie, is dat ons nie ’n ander keuse het nie.

Dis omdat ’n “slimbroek” dink wanneer ’n mens in die onmiddellike kern­gebied, oftewel voedingsarea A, van ’n skool woon, sal jou aansoek goedgekeur word.

Woon jy in voedingsarea B, is jy dalk nog naby genoeg. Jy moet egter op jou knieë gaan as jy in voedingsarea C woon. Jy is dalk net ’n bietjie te ver.

Dit herinner my aan die apartheidsregering se beleid oor geriewe vir gebiede.

Elke maand moet ek toekyk hoe ’n helse bedrag van my salaris belas word. Ek word woedend, want waarvoor betaal ek belasting?

Die regering doen níks vir my en my gesin nie.

Dalk, as ek weier om belasting te betaal, sal my honderde rande gemis word. En dalk is daar dan plek vir my kinders in ’n skool wat bedoel is vir álle Suid-Afrikaanse kinders!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters