Verlede jaar
Van ons vang die stupidste goed aan, nie net agter die stuur nie
taxi strike  ~ 

TERWYL jy jouself begin regmaak vir daai welverdiende ruskansie, gear heelparty mense hulself nou op vir hul besigste tyd van die jaar in hul werk.

Ja, ons praat natuurlik hier van die mense wat onsself van ons eie onnoselgeit moet red.

Dink maar aan daai brandweermanne as jy jou volgende vuurtjie vir die tjoppies aansteek. Hoog somer is mos brandtyd, nè?

Dink maar aan die arme traffic cops en lede van die polisie.

Want ons vang die stupidste goed aan, nie net agter die stuur nie, maar ook sommer in die huis.

Want die voggies vloei mos... Dink aan die personeel van die hospitale wat regstaan, want die bloed gaan (amper net so baie soos die voggies) vloei.

Dink aan die menseredders, die NGO’s wat na diere omsien, die mense wat regstaan om haweloses by te staan, die paramedici en al die ander wat stil-stil in die agtergrond werk in dié tyd.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters