Verlede jaar
Talle Suid-Afrikaners gaan nie weer in IPL speel
taxi strike  ~ 

ONS weet lankal dat die Protea-krieketspeler Quinton de Kock goud werd is.

Dit is nou met die kolf en agter die paaltjies.

Hy is Donderdag deur die Internasionale Krieketraad (ICC) as die eendagspeler van die jaar aangewys.

Die 24-jarige Johannesburger was boonop een van vier Suid-Afrikaners wat in die ICC se internasionale eendagspan van die jaar ingesluit is, saam met Kagiso Rabada, AB de Villiers en Imran Tahir.

De Kock se waarde word ook in die IPL-reeks in Indië onderstreep deurdat hy weer in dié reeks gaan speel.

Talle Suid-Afrikaners gaan nie weer in die reeks speel nie.

De Kock se belangrike rol is weer in die eendagreeks en toetsreeks teen Australië onderstreep toe hy ook deur die Australiese media as een van die uitblinkers uitgewys is.

Die Australiese media praat nie sommer goed van ander lande se spelers nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters