Verlede jaar
Staan saam teen D.A. se magsbeheptheid
Foto ter illustrasie  ~ 

‘GEE my tog ’n antwoord op my vrae, gee my net ’n leuse vir jong Suid-Afrika, gee my tog net ’n muur om teen te bid, gee my tog ’n land om om te spit, gee my net ’n teken om te glo sodat ek nooit weer hoef te kla.”

Dis die lirieke van een van Koos Kombuis se liedjies wat my grys stof aangeval het.

Want sien, dis magsbeheptheid wat ons land se grootste opposisieparty oneffektief laat word het.

Ter stawing van my argument die volgende: Met elke bakatel wil die DA hof toe hardloop. Soos ’n rugbykenner nou die dag ná die Springbokke se neerlaag teen Italië skertsend laat hoor het: “Die DA gaan seker voor Krismis ’n dringende hofbevel bring dat Toetie afgedank moet word!”

So uitgehonger vir mag is die DA dat hy selfs met sy grootste vyande in die bed geklim het. Politieke hoereerdery, het ’n ANC-leier dit nou die dag genoem.

Om te dink die DA het in sy stryd om teen 2019 reeds die land oor te neem, selfs met sy antipool, die EFF, in die bed geklim om beheer oor die Metro’s te verkry.

Maar laat ons eerlik wees, die politiek en regering is immers die kernbesigheid van enige politieke party.

Tog is dit vreemd dat die einste Mmusi (my hof toe geneem het nie) Maimane nog nie vir Julius Malema hof te gesleep het oor sy uiters revolusionêre uitsprake oor grond en die Afrikaner nie.

Te bang dat die ooreenkoms met die EFF in die hek sal duik?

In die Karoo het die DA die vermetelheid gehad om selfs met die ANC se afskilfering – die Karoo-gemeenskapsinisiatief (KGI) hand om die blaas te loop.

En hier gaan dit veral om die teenkanting teen die individu – die leiers van die ANC en ander partye soos Icosa.

In Laingsburg werk die DA met die Karoo-ontwikkelingsparty (Kop) saam net om Bennie Kleinbooi, die ANC-koukusleier, buite in die koue te laat.

In Laingsburg is dit die DA en Karoo-gemeenskapsparty.

In Beaufort-Wes en die Sentraal-Karoo het die DA die burgemeestersposte opgeoffer net om Truman Prince by te kom.

In Hessequa werk die verligte DA nogal saam met die konserwatiewe Vryheidsfront Plus?

Ook in Kannaland is daar ’n volksvreemde affair tussen die ANC en die DA. Waar is die DA se sogenaamde political higher ground?

Vreemd genoeg het James Selfe, DA-voorsitter van die Federale Raad, reeds in die eerste week ná die verkiesing gesê die DA gaan sy raadslede hier ondersoek. Ook die ANC sou optree, maar dit grens net aan politieke huigelary, want in Icosa het die DA en ANC ’n gesamentlike vyand.

Voordat die ANC en KGI hul politieke ogies oopmaak, regeer die DA alleen die gesamentlike rade en uiteindelik ál 24 plaaslike munisipaliteite, selfs nog voor die volgende plaaslike verkiesings.

Hierdie is ’n geval van die stert swaai die hond.

Dit gaan nie vir die DA oor dienslewering nie. Hy misbruik net sy sogenaamde koalisievennote.

Nee, dit gaan oor die algehele magsoorname van dorpsrade, dan distriksrade, dan metro’s en uiteindelik die land.

Soos dit tereg ook in ’n vorige rubriek uitgewys is, is die DA besig om selfs “kwotas” te gebruik ten einde die swart majority oor te wen. Magsbeheptheid.

En tog help die politieke inploffing van die ANC juis die DA aansienlik. Dit is waarom hy die oorhand oor talle metro’s gekry het.

Wel, wie kan met die DA stry dat dit ’n bloudruk is sodat Helen Zille of dalk net Maimane Suid-Afrika uiteindelik uit die Uniegebou sal laat regeer?

Tyd vir opstaan en saamstaan. Die skrif is aan die muur . . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters