Verlede jaar
Nel was een van die good guys ...
taxi strike  ~ 

ONGEAG wat jy van ’n organisasie soos AfriForum dink en hoekom adv. Gerrie Nel skielik sy bedanking aangekondig het as aanklaer en dat hy by dié organisasie gaan aansluit, moet jy eers na die man self kyk.

Wat ’n track record!

Nel is die “Bulldog” gedoop, want as hy eers ’n saak het, los hy nie.

Hy was mos die hoof van die Scorpions in Gauteng, en het ervaring van 35 jaar.

Ja, hy sal vir ewig onthou word as die ou wat Oscar Pistorius tronk toe gestuur het vir moord, en nie net strafbare manslag nie.

Maar hy was ook ’n doring in die vlees van alle korruptes. Dink maar aan daai aartsskelm Jackie Selebi, ons voormalige top cop.

Nel het hom tronk toe gestuur vir korrupsie. En hy het die geskorste hoof van die nasionale vervolgingsgesag, Nomgcobo Jiba, se man, Booker Nhantsi, tronk toe gestuur vir diefstal.

Nel móés eintlik waai by die oneerlike NVG, want hy was een van die good guys ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters