Verlede jaar
Miskien is daar tog ’n bietjie geregtigheid in die ou landjie van ons
taxi strike  ~ 

DIT lyk nie altyd so nie, maar miskien is daar tog ’n bietjie geregtigheid in die ou landjie van ons.

Die skerp oë van die gemeenskap het gelei tot die (her)arrestasie van die vermeende moordenaar Eben Kotze. Hy word mos daarvan beskuldig dat hy Crystal Newman verkrag en vermoor het.

En toe daag hy nie op vir die hofuitspraak waarin regter Pearl Mantane sou sê oor sy moordverhoor in die hooggeregshof nie.

Hy doen toe ’n runner en was sedert 7 November weg.

Maar die mense wat by die Sea Point Holiday Hotel werk, het skerp oë.

Hulle het Kotze herken en dadelik die cops gebel.

En toe word die vuil Kotze (wat op straat gebly het) Dinsdagoggend 6:00 deur AO Jerome Engelbrecht gearresteer. Kotze het allerhande verskonings gehad hoekom hy nie hof toe gekom het nie. En ons wil nie die hof vooruitloop nie. Maar ons dink hy’t gesien sy kaiings gaan braai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters