Verlede jaar
Mag jy nou rus, Joost
taxi strike  ~ 

EN JA, dié week groet ons toe ’n grote.

Joost van der Westhuizen het mos uiteindelik gesterf ná ’n lang stryd teen daai lelike motorneuronsiekte.

Hy het 89 toetse as Springbok tussen 1993 en 2003 gespeel.

En die destydse rekord van 38 drieë aangeteken.

Hy word wêreldwyd beskou as een van die beste skrumskakels, indien nie dié beste, van alle tye.

Maar agter die man was daar ook maar ’n mens.

Daar was affairs, drugs, en ander goed wat jy nie aan die voete van ’n held wil lê nie.

Maar wie kan die eerste klip gooi?

Nadat die bom gebars en die nuus uitgekom het van sy siekte, het daar ’n radikale verandering vir Joost gekom. Soos hy op die veld aangeval het en geveg het, het hy deur ­middel van sy J9-stigting net so hard ge-fight teen die siekte, nie net vir homself nie, maar ook vir ander.

Mag jy nou rus, Joost.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters