Verlede jaar
Lekker paar taai snotklappe deur ons regstelsel uitgedeel
taxi strike  ~ 

WAT ’n week!

Daar is sommer ’n paar taai snotklappe deur ons regstelsel uitgedeel.

En miskien, net miskien, het die wiel gedraai en is so ’n bietjie geregtigheid ook uitgedeel.

In die week waarin daai class clown van die Nasionale Vervolgingsgesag moes swig onder druk van onder meer civil society, het die howe ook rug styfgemaak. Eerstens het hulle arme ou Des van Rooyen se sakie om Thuli Madonsela se verslag oor state capture haastig te stop, afgelag.

En daai selfde volbank regters het ook sommer beveel dat daai verslag nie môre nie, maar al gister uitgereik moet word in sy totaliteit, thanks.

Met ander woorde: Daai regters het so vinnig gespring dat daar nie kans was vir vertragings, weglatings, verdraaiings of spin van enigiemand af nie.

Die regbank het sy onafhanklikheid (en staal) gewys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters