Verlede jaar
Kykie, ons staan op die rand van ’n potensiële disaster
taxi strike  ~ 

HIERNAAS praat ons mos van die fools wat dink waterbeperkings is nie op hulle van toepassing nie.

Dat ’n lower tuin, groen gras, ’n vol swembad en ’n blink motor veel belangriker is as oorlewing van alle mense hier.

Die realiteit is, ons staan op die rand van ’n potensiële disaster, want ons waterbronne raak op.

En ons weet die Stad Kaapstad doen nie altyd die regte ding nie en maak ook maar foute.

Maar ons moet hom ’n pluimpie gee dat hy werklik daai bogenoemde fools en watervermorsers (privaat en kommersieel) goed wil vasvat – nie net met inspeksies nie, maar ook met moerse boetes en selfs met moontlike tronkstraf vir repeat offenders. Meer nog, sulke offenders word op ’n lys gesit en sal gereeld gemonitor word.

Al die stappe is die enigste manier om te probeer om die stad en al sy mense van genoeg drinkwater te voorsien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters