2 jaar gelede
Kyk, as Amerika poep, vrek die res van die wêreld van Ebola
taxi strike  ~ 

THANKS, ’Merica.

Mense sê nou julle klomp het jul eie Numba One gekry. Sorry, dis nie so eenvoudig nie.

Ons lame duck genaamd Zuma is nie eens meer ’n president in sy eie land nie.

Die Gryptas is.

En hy het soveel invloed op wêreldvlak as ’n vlooi.

Donald Trump, daarenteen, dra die sleutels van die grootste arsenaal kernwapens op die planeet.

Kyk, as Amerika poep, vrek die res van die wêreld van Ebola, so magtag is hy.

En Trump is so irrasioneel en lei so aan eiewaan(sin?) dat ons vrek bekommerd moet wees.

Nou het ons nie net vir Putin in Rusland of daai ander mal diktator in Noord-Korea nie, maar nog ’n irrasionele “strong man”.

Maar die Yanks het wragtag vir hom gestem.

Ja, Hillary was ’n swak nominasie. Maar Trump?

Die Yanks het nie net ’n lat vir hul eie gat gepluk nie, maar vir ons almal . . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters