Verlede jaar
Kom ons spaar maar ’n gebed vir een groep mense
taxi strike  ~ 

JA, ONS is op vakansie en dis mos lekka by die see.

Maar spaar maar ’n gebed vir een groep mense.

Die gogos wat onverpoosd (en kom ons wees nou maar eerlik, baie keer met hul eie geld) daai sopkombuise run in ons gemeenskappe.

Feestyd word vir hulle die besigste tyd.

Want onthou mooi: Baie van die kinders wat daar kom staan vir ’n koppie sop en sny brood se enigste daaglikse maal het hulle by die skool gekry.

Hulle, en hul ouers, was aangewese op daai maaltyd.

En nou is die skole gesluit vir twee maande. Waar kom hul kos nou vandaan?

Jy hét nou ’n bietjie geld.

In plaas van dit blaas omdat geld blaas mos tradisie is dié tyd, hoekom koop jy nie ’n paar sakke groceries vir hierdie gogos nie?

Ons is seker dat jou naaste NGO jou met graagte sal help sodat jy daai groceries by die sopkombuis kan gaan aflewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters