Verlede jaar
Die clowns in rooi het weer uitgevaar teen die ringmaster
taxi strike  ~ 

DIE sirkus, askies, die parlement, het weer sy naam gestand gedoen.

In die laaste paar jaar gaan sit ’n mens nie voor die TV om na die staatsrede te luister nie.

Want die ringmaster se warm lug wat hy uitborrel, hou die sirkustent se dak omhoog.

En hy is nie so goed met syfers nie. Nee, jy kyk vir wat al die hansworse dié keer gaan aanvang.

En dié jaar het die show glad nie teleurgestel nie.

Dit was selfs ’n verbetering op verlede jaar se show.

Die clowns in rooi het weer uitgevaar teen die ringmaster. Sy waghonde kon geen hond haaraf maak teen die clowns nie.

Toe stuur hulle maar die ander clowns in wit in om die clowns in rooi uit te bliksem. Selfs die globale media het inge-tune om na die show te kyk.

En intussen onthou almal die show, nie eintlik vir die doel daarvan nie, maar vir die clowns.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters