Verlede jaar
Daar is nog helde in die wêreld
taxi strike  ~ 

JA-NEE, daar is nog helde, al is hulle jonk en tenger.

Dié week het ons gelees van die heldhaftige Jodene Phillips.

Sy is tenger gebou en is maar net 14 jaar oud, maar sy kan ’n paar groot manne ’n ding of twee leer.

Jodene het sommerso in ’n vlammesee gehardloop en het eers haar broer en sustertjie uit die brandende wendy gehelp, want sy het gedink haar ma is al doodgebrand.

Sy wou nog haar ma ook gaan red, maar toe het Jodene se arm en nek gebrand.

Gelukkig kon die heldinnetjie en die buurseun dit regkry om die sinkplate van die wendy af te haal en haar mammie red.

Jodene sê sy het nie eens gedink nie. Sy het net ingespring.

Maar so met die vreugde dat die gesin gered is, is hul woning en nog vier ­ander tot op die grond afgebrand.

Daardie gesinne sit nou met niks.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters