2 maande gelede
Waldimar word nr. 1 by kykNET
df
MultiChoice het Waldimar Pelser aangestel as die nuwe kykNET-hoof.  ~ Foto Verskaf

KOEBAAI, Karin Meiring en hallo aan Waldimar Pelser wat vanaf 1 Februarie 2022 die leisels by haar sal oorneem as M-Net Direkteur van die kykNET-kanale.

Karen, wat in 2009 by die groep aangesluit het, tree af, maar sal steeds as konsultant vir MultiChoice optree.

Waldimar is reeds geruime tyd ’n gevestigde naam in die Afrikaanse gemeenskap te danke aan onder meer In Gesprek, ’n aktualiteitsprogram op kykNET (DStv-kanaal 144) waarvan hy sedert 2013 die aanbieder is. Hy het regte en joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en het  in 2004 ‘n meestersgraad in filosofie aan die Universiteit van Oxford behaal. Hy was onder meer hoof van Media24 se kantoor in Lagos, Nigerië en nuusredakteur van Beeld in Johannesburg. Hy is in 2013 as redakteur van die Sondagkoerant Rapport aangestel.

 “As kyker, en later as aanbieder, het ek baie lief geword vir kykNET – ‘n familie van kanale wat soveel in ons Afrikaanse en Suid-Afrikaanse kultuur vind om te vier. Ek bewonder die manier waarop Karen en haar span TV maak wat soveel Afrikaanse kykers laat regop sit, laat lag en soms ook laat huil (ons sit tans vasgenael voor Nêrens, Noord-Kaap!). Dit is ’n groot voorreg om die kans te kry om te help vorm gee aan die stories oor onsself, mekaar en ons land wat ons nog moet en wil vertel,” vertel die nuwe kanaal-hoof


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters