2 maande gelede
Die Biebs kom na Mzansi
Tree op
Justin Bieber gaan volgende jaar twee konserte in Suid-Afrika hou.  ~ 

UHMMM, wat die meeste jonges in Suid-Afrika vir dié Krismis sal wil hê, is ’n ticket na Justin Bieber se konsert.

Jip, dié Kanadese popster gaan volgende jaar hier in  Mzansi optree.

Die “Peaches”-sanger het aangekondig dat hy in Kaapstad en Johannesburg gaan optree tydens sy Justice-wêreldtoer wat vanaf Mei 2022 tot en met Mei 2023 gaan plaasvind. Die Biebs gaan deur vyf kontinente toer en meer as 20 lande besoek waar hy meer as 90 konserte in totaal gaan doen.

Die popster beloof om ’n ongelooflike konsert aan Beliebers te gee

“Ons het so hard daaraan gewerk om die beste show te skep. Ons het dit al oor en oor gemaak en ek kan nie wag om dit met fans regoor die wêreld te deel nie. Ek sien julle binnekort.”

Die Biebs gaan op 28 September 2022 in die DHL Stadium in Kaapstad optree en op 1 Oktober gaan hy die FNB Stadium in Johannesburg oorneem.

Kry solank jou moola gereed, want die kaartjies sal op 3 Desember beskikbaar wees. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters