2 maande gelede
Rebels se eerste wen
Marika Koroibete Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Rebels het Vrydag hul eerste oorwinning van die Superrugby AU-kompetisie behaal.

Die span van Melbourne was met 29-10 baas nadat hy in die rustyd met 19-10 voor was.

Matt Toomua, veteraan-nr. 10 van die Rebels, was ’n doring in die vlees van die Waratahs.

Die Rebels het die Tahs fisiek oordonder. Die dissipline van die span van Sydney was swak; hy’t te veel foute begaan en strafskoppe afgestaan.

Toomua het dié situasie uitgebuit. Dit het die weg gebaan vir sy span se oorwinning.

Die bobaas-spelskepper het ’n bydrae van 19 punte gemaak. Die ander punte het gekom van drieë deur die Suid-Afrikaans-gebore nr. 9, Ryan Louwrens, en die groot senter Marika Koroibete, wat in sy 50ste game vir die Rebels gespeel het.

Momentum

Vir die Waratahs het Alex Newsome sy span se enigste drie gedruk.

’n Verheugde Dane Haylett-Petty, Rebels-kaptein, sê sy span het die game beheer en kon die momentum behou, veral in die tweede helfte toe hy sy stempel afgedruk het.

“Ons voorspelers het ons balbesit op die voorvoet gegee. Ek voel die agterspelers het die uitklophou geplant. Die span se harde werk is uiteindelik beloon met ons eerste sege,” sê hy.

Puntemakers:

REBELS – drieë: Ryan Louw­rens, Marika Koroibete; doelskoppe: Matt Toomua (2); strafdoele: Too­mua (5).

WARATAHS – drie: Alex New­some; doelskop: Will Harrison; strafdoel: Harrison.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters