9 maande gelede
‘Passasiers’ kan Watford laat relegeer
Bekommerd: Nigel Pearson van Watford is nie happy nie.  ~ Getty Images

LAKSHEID is volgens Nigel Pearson, manager van die Watford-sokkerklub, die rede waarom sy span dalk nie volgende seisoen in die Engelse Premierliga kan speel nie.

West Ham United het Watford met 3-1 in Vrydag se enigste Premierliga-wedstryd geklop.

Die Hammers het met dié oorwinning hul kanse versterk om weer in dié liga te speel.

Een sege in David Moyes (manager) se span se oorblywende twee stryde sal die Hammers se veiligheid beklink. Dít terwyl Watford nou albei sy oorblywende kragmetings moet wen om veilig te wees.

Pearson het oor sy span se vertoning gesê: “Ons het passasiers op die veld gehad en dit is teleurstellend in dié stadium van die seisoen.

Verwag

“Die tweede helfte was baie beter, maar toe was ons kanse vir ’n sege reeds daarmee heen. Dis ’n irritasie en teleurstellend.

“En nou moet ons twee gunstige uitslae jag.

“Daai eerste helfte was erg teleurstellend en ek het beter van die spelers verwag.”

Pearson, wat ’n reputasie het dat hy spanne van relegasie kan red, sal nou die spreekwoorde­like haas uit die hoed moet trek om Watford in die Premierliga te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters