2 maande gelede
Lampard jag ‘niks minder as ’n sege’
slyp-TYD: N’Golo Kanté (voor) sal Chelsea vandag teen Wolves meer byt in die enjinkamer gee.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

AL KORT Chelsea net ’n punt om sy Champions League-kwalifikasie te verseker, het sy manager, Frank Lampard, uitdruklik gesê hulle jag niks minder nie as ’n sege.

Die Blues verwelkom die high flying Wolves vandag op die Stamford Bridge in hul laaste Premier­liga-stryd van die seisoen.

Chelsea beklee tans die vierde en laaste Champion League-posisie en kort net ’n punt om volgende seisoen weer in Europa te kan speel.

Hart

Wolves, wat sesde is, het ook ambisie om vir die Europa League te kwalifiseer. Hulle kan dus beslis ’n moeilike neut wees om te kraak.

Lampard belowe hulle gaan nie versigtig wees teen Wolves nie, want hulle soek daai oorwinning met ’n seer hart.

“Ons benader die wedstryd soos ons ál die ander wedstryde aanpak, en dis om te wen,” sê Lampard.

“Ons is ook bewus van die situasie met ál die permutasies en die spanne wat hul doelwitte wil bereik, maar ons jag ’n sege.

“Daar is geen ander manier om ’n sokkerwedstryd te benader nie,” voeg Lampard by.

Lampard sê hy het sommer baie respek vir Wolves se manager, Nuno Espírito Santo, vir die uitstekende werk wat hy met sy span verrig.

“Wolves gaan vir ons ’n moeilike opponent wees, want hulle is ’n baie goeie span.

“Ons het dit dié seisoen reeds gesien,” voeg Lampard by.

Die voormalige sterspeler van Engeland het bevestig N’Golo Kanté, sy klipharde midfielder, is terug vir vandag se stryd teen die Wolwe. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters