Verlede jaar
Krieket WK kry ervare tydelike hoof
NEEM LEISELS OOR: Albertus Kennedy is die nuwe uitvoerende hoof vir krieket in die Wes-Kaap. Foto:GALLO IMAGES  ~ 

NIC Kock, president van die Westelike Provinsie Krieketvereniging, het Vrydag bevestig dat Albertus Kennedy aangestel is as die tydelike uitvoerende hoof van Wes-Kaap Krieket, die beheermaatskappy van die Cape Cobras-franchise.

Kennedy, tans uitvoerende hoof van die Suidwestelike Distrikte-krieketunie (SWD), is al meer as 15 jaar aan die stuur van krieket in die Suid-Kaap.

Hy sal ’n gesamentlike verantwoordelikheid vir die franchise en filiaal behou.

In die aankondiging oor Kennedy het Kock bevestig hy sal die volle steun van die Wes-Kaapse krieketraad hê.

“Albertus het SWD en Wes-Kaap Krieket deur die jare gedien en ons is verheug om hom aan te stel in die rol van die tussentydse uitvoerende beampte van die franchise.

Help

“Ons bedank die SWD-direksie en sy bestuurslede vir die beskikbaarstelling van Albertus vir hierdie dubbele rol.”

“Ek sien uit na die geleentheid om krieket in hierdie ongekende tye te help. Ek wil die voorsitter en die Wes-Kaapse krieketraad bedank, wat dié belangrike rol aan my toevertrou het,” het Kennedy laat hoor.

“Ek wil Rudy Claassen, voorsitter van die SWD-direksie, en die SWD-bestuurslede, bedank (omdat hulle my vrystel) om hierdie nuwe en opwindende uitdaging te verken. Dis iets waarna ek uitsien om te verseker dat ons voortgaan met die opwaartse kurwe om Protea-spelers te ontwikkel en bekers op plaaslike vlak te wen.”

Kennedy vervang Nabeal Dien, wat vroeër vanjaar uitgetree het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters