Verlede jaar
Invoices laat unie omtrént bontstaan
VERVALS? Die invoices beloop amper R300 000 vir die huur van rugbyvelde.  ~ Foto Verskaf

DIE amperse huur van rugbyvelde vir byna R300 000 het die raad van ’n provinsiale rugbyunie in rep en roer.

Dit blyk iemand wil die Oostelike Provinsie Rugbyunie se National Lottery Funding met vervalste invoices wanbestuur.

Son op Sondag het twee invoices in sy besit wat aandui hoe die OPRU amper meer as R450 000 kwyt is.

Dít is geld wat moet gaan vir die ontwikkeling van dié sport binne die unie se grense.

Die een invoice, vir die huur van rugbyvelde teen ’n enorme bedrag van R283 000, het nie eens die volle kontakbesonderhede op vir ’n tuinboubesigheid wat in Cradock gesetel is nie.

Die enigste konkrete adres vir hierdie maatskappy genaamd Local Lawn & Land­scaping is in die Amerikaanse stad Marshall (in Minnesota).

Die OPRU-president, André Rademan, gee egter die versekering dat hy alles onder beheer het.

“Ons is bewus van die vreemde invoices en op die oomblik wag ons tot nadat die huidige lockdown verby is voordat ons enige verdere stappe of ’n ondersoek gaan doen,” het Rademan gesê.

Hy het ook aan Son op Sondag gesê dat hy die invoice vir die rugbyvelde ontvang het, maar dit nooit goedgekeur het nie.

“Ek het onmiddellik die invoice van die hand gewys en ook onmiddellik gevra vir ’n ondersoek na waarvandaan dié invoice kom.

“Ongelukkig was dit die dag voordat die lockdown begin het, maar ek verwag sodra dít verby is, dat ons meer antwoorde sal kan gee.”

Rademan het ook die versekering gegee dat die unie se Lotto-geld glad nie misbruik is nie en dat daar bewyse is vir ál hul geld.

“Ons het die afgelope drie jaar ’n skoon oudit gehad, maar ek sal nie skroom om op te tree teen enige persone wat die unie om die bos probeer lei nie.”

Die tweede invoice laat die wenkbroue ook lig – dít vir ’n catering company om maaltye vir drie dae vir ’n subunie-toernooi in Oktober laas jaar te verskaf – teen R147 951.

Die probleem met dié faktuur is dat ’n sub­unie-toernooi gewoonlik net oor een dag plaasvind, maar die invoice is opgetrek vir drie dae.

Rademan het benadruk dat hy dié belaglike faktuur ook nie goedgekeur het nie.

TE VEEL: Die faktuur eis vir catering vir drie dae. Foto: Verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters